Van die organiseerders saam met die twee sprekers Zelda la Grange en Jaanre Muller.Foto’s: Mariëtte Strydom


Augustus is Vrouemaand en daar is niks beter as om dit saam met PSG te vier nie.

Donderdag 15 Augustus het PSG ’n vroueoggend met ’n verskil aangebied. Jonk en oud het by die Hermanus-gholfklub byeengekom vir ’n oggend vol bederf en inspirerende boodskappe.

PSG het die vroue van Hermanus nie net geïnspireer nie, maar ook finansiële raad gegee.

Oudpresident, Nelson Mandela se privaat sekretaresse, Zelda la Grange, het die vroue meer vertel van haar 20 jaar saam met die legendariese vryheidsvegter wat ’n wêreldwye impak gehad het. Sy het haar storie gedeel oor hoe onwaarskynlik dit was vir ’n Afrikaanse meisie om die sekretaresse van die eerste demokratiese president van Suid-Afrika te wees.

Verder het sy ook lewens-lesse wat sy by Madiba geleer het, met die gehoor gedeel.

Jaanre Muller, beleggings­bestuurder van PSG het tydens haar toespraak beklemtoon dat vroue eienaarskap oor hul eie finansies moet neem. Sy het verder ook die vroue gemoti­veer om meer oor beleggings uit te vind en om professionele raad te bekom. “Met jou eerste afspraak om jou portefeulje te bespreek en raad te gee, is daar glad nie ’n koste aan verbonde nie,” het sy gesê.

Die vroue is ook bederf met ’n SORBET-Exuviance Professional-geskenkpakkie en aan die einde van die dag was daar ’n gelukstrekking waar twee vroue ’n SORBET-gesigsbehan­deling ter waarde van R1 050 kon wen. Vir nog inligting oor finansiële raad, skakel PSG by 028 312 1508.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article