Vanaf Vrydag het weerkenners voorspel dat hewige donderstorms die Wes-Kaap gaan tref – iets ongewoon aangesien die soort voorspelling gewoonlik in die winter voorkom.

Maandagmiddag het hierdie voorspelling waar geword en oorstromings is in die Paarl, Somerset-Wes, Strand en Gordonsbaai aangemeld.

Laat middag het die woordvoerder van die provinsiale verkeer, Jandre Bakker bevestig dat Clarencerylaan toe is vir enige verkeer aangesien gedeeltes van die pad oorstroom is en daar oor rotsstortings was. Overstrand-verkeer het ook bevestig dat die pad tussen Rooiels en Kleinmond vir verkeer gesluit is. 

Volgens Bakker is hulle klaar besig met herstelwerk en opruiming en die verkeer word via alternatiewe roetes gelei. 

You need to be Logged In to leave a comment.