Koue sweet slaan jou uit. Jy kry nagmerries. Dit voel vir jou of jy niks weet nie.
Dit is hoe menige leerder voel voordat hulle ’n vraestel skryf.
Dr. Cecilia Klopper van CURAparent, ’n onderwyskundige en medewerker van Afrikaans.com, gee nuttige riglyne om eksamenstres ore aan te sit.
Klopper sê ’n rustige leerklimaat by die huis is die belangrikste en kinders moet ’n stil plek hê waar hulle ongestoord kan studeer. Sy beveel Die 3-in-1-Vraag-en-Antwoord-reeks aan. Daar is ook heelwat gratis hulpbronne op Afrikaans.com en die internet beskikbaar. Nog riglyne:. Laai vraestelle met memorandums van die laaste drie jaar af – vir al hul vakke. . Hou maar ’n ogie dat hulle genoeg slaap en gesonde kos uit al vyf die voedselgroepe inkry.. Dit is ook nodig dat leerders genoeg moet ontspan en oefen.. Gee vitamienaanvullings. . Identifiseer angs en depressie betyds en doen iets daaraan. . Indien iets jou kind pla, soos ’n probleem by die huis of ’n verhoudingsprobleem, ondersteun hom deur met hom daaroor te gesels. . Jou kind kan nie sy beste lewer as sy gemoedstoestand nie reg is nie.. Indien leerders enigsins probleme ondervind met skoolwerk, reël onmiddellik ekstra akademiese hulp.Beplanning is noodsaaklik
Leerders moet hul akademiese voorbereiding goed beplan. . Beplan nou jou studierooster om jou belangrike datums sodat jy genoeg tyd het om al jou werk te leer.. Organiseer jou los blaaie in afsonderlike lêers – een vir elke vak.. Hou alle notas en opsommings bymekaar.. Laai vraestelle van die laaste drie jaar af, beantwoord dit en vergelyk jou antwoorde met die memorandums op dieselfde webtuistes. Dit is gratis.
Hier is nuttige webtuistes:
Jy kan ook bloot ’n spesifieke vraestel en memorandum op die internet soek, byvoorbeeld graad 12, Afrikaans Huistaal, vraestel 1, November 2022. Daar behoort verskeie opsies van verskaffers te wees. Dit kan gratis afgelaai word.
Beantwoord die vraestelle en vergelyk die memorandums met jou antwoorde. Kyk wat het jy verkeerd gedoen en leer só uit jou foute.
Dit is baie belangrik dat jy sien HOE die vrae gestel word en wat die eksaminator as antwoord verwag.