Warm, droë en winderige toestande wat vir die res van die
week voorspel word, verhoog die gevare van brande in die Overberg.
Overstrand-munisipaliteit het die week ’n waarskuwing
uitgereik om inwoners van die Overberg rakende dié situasie in te lig.
“Hierdie toestande verhoog die gevaar dat vure kan ontstaan
en vinnig versprei. Dit kan lei tot skade aan eiendomme en die moontlike
verlies van mense- en dierelewens,” lui die waarskuwing.
Enigeen wat rook gewaar, word gevra om dit dadelik aan te
meld.
Brande in die Overstrand kan aangemeld word by
Overstrand-brand- en reddingsdienste (028 312 2400).
Skakel Overberg-distriksmunisipaliteit (ODM) by 028 425 1690
of goFPA by 063 690 7899 om brande elders in die Overberg aan te meld.