Die personeel van die Oostergloed-biblioteek saam met suster Ans Hill. Van links is Abigail Adendorf, Hill, Colleen Hoffman en Thelma Thanshani.


In Riviersonderend, die mooi dorp aan die N2 wat deur die Riviersonderendberge omring is, gebeur nogal baie.

Nie net is hul plaaslike rugbyspan deel van die Grootuitdaag-reeks en gaan hulle elke jaar van krag tot krag nie, maar die aktiwiteite wat die dorp vir sy inwoners aanbied, ken geen gelyke nie.

Die personeel van die Oostergloed-biblioteek in Riviersonderend het die vroue van die Sonskyn-dienssentrum onlangs met ’n praatjie oor vrouwees bederf.

Die Riviersonderend-inwoner suster Ans Hill het ’n baie spesiale boodskap aan die vroue gegee oor hoe om volkome vrou te voel.

Met September wat nie net Toerismemaand is nie, maar waar ons erfenis ook op 24 September gevier word, gaan die Oostergloed-personeel die seniors van die dorp met ’n worsbroodjie bederf. “Dit is vir ons belangrik om iets vir die seniors van die dorp te doen. Hulle is die mense wat die dorp gevorm het en nou moet ons iets vir hulle teruggee,” het die personeel gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.