Die Black Leaves-rugbyklub van Gansbaai blink nie net op die rugbyveld uit nie, maar probeer ook om ’n positiewe bydrae in die gemeenskap te lewer. Die klub het op 23 Januarie skryf­behoef­tes en skoolskoene aan Badisa in Gansbaai oorhandig. “Die oorhandiging is deel van die projekte wat ons klub vir die jaar beplan,” het ’n woord­voerder van die klub gesê. Bianca Booysen (Black Leaves se sekreta­resse) en Adelaide Adams (hulpsekretaresse) het die skenkings aan Jane Frans (middel) van Badisa oorhandig.