Rugbykoors loop hoog

Ná ’n rugbydroogte van twee jaar weens die Covid-19-pandemie het die Boland-liga hierdie naweek afgeskop.


Ná ’n rugbydroogte van twee jaar weens die Covid-19-pandemie het die Boland-liga hierdie naweek afgeskop.

Spanne van oor die Overberg heen het in die verskil­lende ligas kragte teen mekaar gemeet en klipharde rugby is van die afskop af gespeel.

Safcol van Grabouw het teen die span van Atlantics van Mount Pleasant in die Grootuitdaagbeker kragte gemeet. Safcol het skoonskip gemaak en sy eerste span het 36-6 gewen, sy tweede span 42-0 en derde span 36-0.

Nog uitslae van die Grootuitdaag­beker is:. Caledon het teen Kleinmond gespeel. Die eerste span het 24-13 gewen, die tweede span 36-13 en die derde span 27-0.. Hawston Skrik vir Niks het teen Botla Fire van Botrivier gespeel en ook letterlik oor Botla gestoomroller. Die eerste span het 51-6 gewen, die tweede span 36-5 en die derde span 7-5. . Rangers het teen Grabouw gespeel terwyl die span van Black Leaves Genadendal die stryd aangesê het. Die uitslae van die res van die spanne is op Hermanus Times se Facebookblad beskikbaar.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.