Rugbykoors tref Overberg: Grabouw het Saterdag soos ’n spookdorp gelyk toe die twee plaaslike rugbyspanne mekaar die stryd op die Hoërskool Grabouw se sportterrein aangesê het. Saffies, die verdedigende Boland-Grootuitdaagbekerkampioen, het die wedstryd teen die Grabouw-rugbyklub maklik 31-8 gewen. Botrivier het ’n opskudding veroorsaak toe hy Hawston Skrik vir Niks 33-30 gewen het. Ander uitslae in die Overberg is: Riviersonderend 26-22 Genadendal, Kleinmond 15-8 Bredasdorp Rangers en Villiersdorp 34-5 Black Leaves. Foto: Mariëtte Strydom