Solidariteit Helpende Hand nooi alle maatskaplike werkers, versorgers, onderwysers, terapeute, lewensafrigters en beraders na ’n spesiale werksessie waar hulle met nuwe inspirasie gevul sal word.
Die organiseerders sê deelnemers kan uitsien na ’n bederfoggend saam met ander professionele mense. Dit sal ook die geleentheid bied om hul kennis en vaardighede uit te brei, van hul werksaamhede te vertel en netwerke op te bou.
Sprekers vir die is onder andere Marieta Kemp, wat oor die risiko-omgewing waarbinne nieregeringsorganisasies werk, sal praat. Johan Laten se praatjie gaan oor depressie en Debbie Laubscher praat oor e-pos etiket.
Die konferensie word Dinsdag 15 Maart van 08:30 tot 15:30 by die Hoogeind Manor in Somerset-Wes aangebied.
Bespreek jou plek teen R250 per persoon (middagete ingesluit) by www.helpendehand.co.za/wilomtehelp/
Deelnemers kan ook teen R250 tafels bespreek waar hulle baniere kan opslaan en pamflette kan uitdeel om hul organisasie te bemark. Om jou tafel te bespreek, stuur ’n e-pos aan alisha@helpendehand.co.za.