Die bestuurder van ’n voertuig wat in die vroeë oggendure van Maandag 22 Augustus in Kleinmond se hoofweg betrokke was, is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem. Adjudant-offisier Martin Mostert, Kleinmond-polisie se woordvoerder, het bevestig dat die ongeluk om 05:01 plaasgevind het. Die bestuurder het vermoedelik teen ’n hoë spoed gery toe hy beheer oor sy voertuig verloor en dit gerol het. “Daar was geen ander voertuie betrokke nie en daar was ook nie ander insittendes in die voertuig nie,” het Mostert gesê. “Die beseerde man is weens die erns van sy beserings dadelik na die naaste hospitaal vervoer. Bloedmonsters is getrek en ’n saak van roekelose of nalatige bestuur word ondersoek.”


Saak van roekelose en nalatige bestuur ondersoek

You need to be Logged In to leave a comment.