Harcourts Hermanus het op 18 Desember ’n sandkasteelkompetisie by Grotto-strand in Hermanus aangebied. “Dit is ’n inisiatief waaraan oud en jonk deelgeneem het,” het een van die organiseerders gesê. Vakansiegangers het behoorlik gewerskaf op die strand om die mooiste sandkastele te bou. Anneline, Johan, Nina en Isabella Hugo van Hermanus het die kompetisie as gesin aangedurf.Foto: Mariëtte Strydom