KLEINMOND: Drie
mans is dood toe hulle boot gisteraand omgeslaan het naby Kleinmond. Volgens Schalk
Boonzaaier, NSRI Kleinmond stasiebevelvoerder is die NSRI om 07:11 geaktiveer toe ‘n Rigid Hull
opblaasboot omenby 4km van Kleinmond uitgespoel het.
“Die NSRI
Kleinmond se bote Jaytee III en Rescue 42 Alpha is geaktiveer en die NSRI
Hermanus se se bote South Star en Rotarian Burnett is weggeroep van ‘n opleidingsessie
om te gaan help met die soektog,” sê Boonzaaier.
‘n See en
strand soektog is van stapel gestuur en daar is oorspronklik gedink daar word
vier mans vermis. Tydens die soektog is dit bevestig dat slegs drie mans, glo
van Hawston, vermis word.
Die ligaam
van een van die mans is toe op die strand gevind. “Swemmers van die NSRI het in
die omliggende omgewing in die see die soektog voortgesit,” sê Boonzaaier. “Tydens
die soektog het ons ongelukig ook die ligame van die ander twee mans gevind.”
Die polisie
ondersoek tans die saak