Die span van Grabouw-rugbyklub het hul goed van hul taak gekwyt en het in die halfeindstryd teen St George’s vasgeval. Foto’s: Mariëtte Strydom


Dit was ’n aksiebelaaide dag vol hardlooprugby en goeie sportmangees toe spanne van verskeie rugbyklubs mekaar op die rugbyveld van Hoërskool Grabouw aangedurf het by die jaarlikse TWK Mayoral-sewesbeker.

Dié toernooi, wat op 18 Desember plaasgevind het, het spanne van Grabouw, Oak Valley, St George’s van Strand, Kraaifontein, Kylemore, Hands and Hearts-rugbyklub, Safcol en Spring Roses gelok Die gesogte toernooi is deur Grabouw- en Safcol-rugbyklub aangebied.

Nie net was die dag gekenmerk deur goeie spel nie, maar na die inperkings, waar geen sport vir ’n lang tyd beoefen kon word nie, het die ondersteuners ook dié dag verwelkom. Selfs die TWK-burgemeester, Kallie Papier, en onderburgemeester, John Michels, het die dag bygewoon.Die uitslae was soos volg: . Groep A: St. Georges (19) vs. Kraaifontein (7); Kylemore (5) vs. Kraaifontein (33); Hands and Hearts (14) vs. Kraaifontein (0); St George’s (38) vs. Kylemore (5); Hands and Hearts (38) vs. Kylemore (7).. Groep B: Safcol (54) vs. Spring Roses (0); Grabouw (20) vs. Oak Valley (0); Safcol (38) vs. Grabouw (0); Spring Roses (20) vs. Oak Valley (0); Safcol (20) vs. Oak Valley (0); Grabouw (34) vs. Spring Roses (0).. Halfeindstryd 1: St George’s (26) vs. Grabouw (5).Halfeindstryd 2: Hands and Hearts (21) vs. Safcol (7).Uitspeelwedstryde vir derde en vierde plek: Grabouw (14) vs. Safcol (12).. Eindstryd: St George’s (28) vs. Hands and Hearts (12).

You need to be Logged In to leave a comment.