Sipho Ndaliso (9), wat oornag bekend geword het na sy storie, oor hoe hy na honde in Hermanus omsien, is gebroke ná een van sy honde met ‘n mes doodgesteek is.
Sipho sorg vir sy eie honde én die honde in sy gemeenskap in Zwelihle in Hermanus.
Hy het Woensdagmiddag na skool by die huis kom en uitvind een van sy drie honde, Government, is verskeie kere met ‘n mes gesteek.
Sipho is reguit na die Hermanus Animal Welfare Society (HAWS) met Government om hulp vir die hond te kry, maar Government was so erg beseer, dat hy nie gered kon word nie. Die veearts moes hom uitsit.
Volgens Ilze Smith, voorsitter van HAWS, word daar vermoed dat ‘n boosdoener die hond verskeie kere met ‘n mes gesteek het, uit jaloesie oor al die aandag wat Sipho kry sedert die eerste keer berig is oor sy goeie dade met die honde in sy gemeenskap.