Die Hawston Willows-netbalklub het hul dank uitgespreek teenoor FinGlobal, wat sporttoerusting ter waarde van meer as R11 000 aan die klub geskenk het. “Dankie ook aan die raadslid Arnie Afrika, R&D Paneelkloppers en alle ander borge wat ons klub ondersteun,” het ’n woordvoerder vir die netbalklub gesê. FinGlobal se skenking sluit in splinternuwe netbalballe, waterbottels en ’n noodhulptassie. Van links is Monique Esau, Liske Hunter, Amy Appels, Chanel Swartz, Deslene May, Rashay Marais (FinGlobal se verteenwoordiger), Elaine Julies, Kacia Marais, Ulin Burns, Denay Benjamin en Ainsley Muller.