Skenkings vir beter visie

Helpende Hand Wes-Kaap-streek het onlangs ’n beroep op die gemeenskappe in die provinsie gedoen om brille en brilrame wat nie meer gebruik word nie te skenk.


Helpende Hand Wes-Kaap-streek het onlangs ’n beroep op die gemeenskappe in die provinsie gedoen om brille en brilrame wat nie meer gebruik word nie te skenk.

Dit het gekom nadat die organisasie bewus geraak het van Vision without Borders, ’n organisasie in Somerset-Wes wat oogtoetse doen en dan brilrame en lense teen bekostigbare pryse aan mense verskaf. Helpende Hand Wes-Kaap-streek het toe besluit om daarby betrokke te raak.

Engela Myburgh, bestuurder van Ons Winkel Hermanus, sê inwoners van Hermanus, Bettiesbaai en Pringlebaai se reaksie op hul versoek vir skenkings was oorweldigend en hul positiewe reaksie het haar hart aangeraak.

Sy het bygevoeg: “Ek staan verstom oor die positiewe reaksie van die gemeenskappe. Ek het net een keer gevra en die plaaslike kerk en ander organisasies het dadelik betrokke geraak.

“Hierdie ruim skenking maak dit moontlik om aan die organisasie hierdie skenking te oorhandig sodat hulle kan fokus op die voorsiening van brille en brilrame aan persone met sigprobleme.”

Kontak Mariëtte Roos by marietteroos@helpendehand.co.za vir meer inligting oor Helpende Hand en die projekte wat deur hierdie organisasie gedoen word.

Besoek Vision Without Borders se Facebook-blad vir meer inligting oor dié organisasie.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.