Skop die seisoen af

Die Hawston-sokkerklub, wat in 2019 gestig is, het nes in die geval van talle ander sportsoorte, sy aktiwiteite in 2020 weens die Covid-19-pandemie gestaak.


Die Hawston-sokkerklub, wat in 2019 gestig is, het nes in die geval van talle ander sportsoorte, sy aktiwiteite in 2020 weens die Covid-19-pandemie gestaak.

Die klub is egter weer volstoom aan die gang en het reeds verskeie vriendskaplike toernooie op Hawston se sokkerveld aangebied.

Grant Gillion, die ondervoorsitter, sê alles het begin met jong spelers wat sokker in die pad met twee melkkratte as doelhokke gespeel het, se opmerking dat dit “kwaai” sal wees as hulle hul eie span kon hê.

“Iemand het dit gehoor en aan die werk gespring om dit ’n werklikheid te maak. Hy het ’n paar vriende en oudspelers gebel, en só is Hawston FC gebore. Wat begin het as kinders wat ’n bal in die straat rondskop, het gegroei tot ’n familie van sokkerspelers en ’n klub wat ’n verskil in die lewe van ons jeug en jong volwassenes wil maak.”

Die klub het ook ’n projek waarby lede van die gemeenskap betrokke kan raak deur ’n speler “aan te neem” en van die speler se benodigdhede kan koop of borg.

“Ons wil graag vir ATZ Sport Equipment, wat die doelwagter se uitrusting sowel as ander toerusting geskenk het, en Hermanus Sport & Tackle, Clicks Hermanus sowel as individuele borge bedank vir hul ondersteuning,” sê Gillion.

Hawston FC is by Safa geregistreer. Die senior span (derde divisie) se ligawedstryde het Saterdag (16 Oktober) met ’n wedstryd teen Golden United FC afgeskop. “Die uitslag (2-1) was nie in ons guns nie, maar die spelers het hard teruggeveg toe die telling 1-0 was en dit 1-1 gemaak. Dit het gelyk of ons die oorhand het, maar ’n fout het ons ’n doel gekos,” sê Gillion. . Besoek Hawston FC se Facebook-blad vir nog inligting of stuur ’n e-pos-boodskap na hawstonfc2019@outlook.com.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.