Corne Uys, die plaaslike slangvanger van Hermanus, is daar vir almal wat hulp nodig het as die ongenooide gas dalk sy ronde doen.


Dit raak al hoe warmer en slange is baie meer aktief na ‘n lang periode van hibernasie – hulle is honger en op soek na kos.

Slangseisoen is van Oktober tot Maart so dis belangrik om te kyk waar jy loop, veral as jy op staproetes gaan of deur bosse loop. Troeteldiereienaars moet ook ekstra aandag aan hul diere gee aangesien sommige slangbyte dodelik vir jou troeteldier kan wees. Dus is dit belangrik om maar jou erf gereeld skoon te maak en ontslae te raak van tuinrommel. 

Slange is oor die algemeen nie baie aggressief nie, behalwe as hulle bedreig voel. Indien jy op ‘n slang afkom, behou ‘n veilige afstand van ten minste 3-5 meter tussen jou en die slang en moenie hulle in ‘n hoek probeer dryf nie. Probeer om kalm te bly en  die slang in sig te hou totdat ‘n ervare slangvanger opdaag.

Dean O’Neill, Overstrand se munisipale bestuurder, waarsku mense om nie slange seer te maak nie aangesien dit in die Wes-Kaap onwettig is om ‘n slang dood te maak.

Verskillende soorte slange wat onskadelik vir mense is, soos die Aurora-huisslang en die olyfslang, kan soms in tuine gesien word wanneer hulle na kos soos rotte en muise op soek is. Die vier mees algemene slange wat ‘n gevaar vir die mens inhou en in die Overstrand voorkom is die pofadder, Kaapse kobra, rinkhals en boomslag. Indien jy wel deur ‘n slang gepik word, is dit raadsaam om so gou moontlik mediese hulp te kry.

Hier is ‘n lys van slangvangers in die area se nommers:

• Hermanus

Jonathan Powers 082 352 6000

Corné Uys 076 075 8004

Hugo Uys 062 482 5410

• Gansbaai

Gansbaai Snake Removals 079 844 9513

Franskraal (Patrys Laubser) 082 375 7075

• Kleinmond en Bettysbaai

Mike Green 082 212 5116

Overstrand Snake Removal 084 274 3163

Pringle Bay

Francois van Zyl 083 271 8809

• Botrivier:

Paul Olivier 066 432 3752

• Caledon:Eduard Coetzee 079 493 9120

Bredasdorp:

Dylan Preece 076 551 0949

Napier, Bredasdorp, Agulhas, Struisbaai: 

Tertius Snyman 078 376 1574

Napier Snake Removals (Rudi Riek) 081 525 0690.

Besoek www.africansnakebiteinstitute.com vir meer inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.