Olivia du Plessis, fiksheidsinstrukteur by Livfit in die Paarl, demonstreer ’n oefening wat mense tuis kan doen. Foto: Verskaf


Al is die gimnasiums gesluit beteken dit nie jy moet jou oefenplanne opskort nie.

Inteendeel is dit nou veral belangrik dat jy die ekstra tyd by die huis gebruik om na jou fisieke en psigiese welstand om te sien, maan Olivia du Plessis, eienaar van LivFit Studio in Paarl.

“Wanneer ons oefen, stel ons liggame ’n goedvoelhormoon, endorfien, vry wat ook gedurende die tyd baie belangrik is. Dit is hoe ons ontslae kan raak van al die oortollige energie, emosies en stres wat gepaard gaan met die inperking,” laat sy hoor.

Olivia verskaf drie maklike oefeninge wat enigeen tuis kan doen. Al wat jy nodig het, is ’n bietjie plek by die huis, ’n stoel en jou eie liggaamsgewig. Hurksit: Gaan sit op ’n stoel, voete skouer lengte uit mekaar, skouers regop en maag ingetrek. Staan op en gaan sit weer so sag as moontlik. Begin met 15 repetisies en sit elk dag een by.Draf: Dis goeie kardio-oefeninge wat beteken dit is goed vir jou hart. Jy kan óf om die huis draf óf op een plek voor die televisie doen. Begin met 5 min en sit elke dag 1 minuut by. Plank: Gaan op jou hande en voete of knieë as jy ’n beginner is. Sit jou hande direk onder jou skouers, maak jou liggaam reguit vanaf jou skouers tot jou enkels en maak seker jy trek jou maag in! Dit is fantasties vir jou arms en maagspiere.

Olivia moedig mense aan om sommer dadelik te oefen wanneer hulle opstaan: “Voordat jy aan baie verskonings kan dink”. Om deel van ’n fiksheidsgroep te word, is ook goeie motivering om gedissiplineerd te bly, voer sy aan.

“Ons is wel ver van mekaar, maar ons het tegnologie om ons nader te bring. So, maak ’n afspraak met jou vriende vir ’n WhatsApp-sessie of sluit aan by ’n fiksheidstudio se platform.”

Vir verdere oefeninge besoek Livfit Studio se webwerf. • Olivia du Plessis of Livfit gimnasium in Paarl, tells how important it is to remain fit, especially in these challenging time.

You need to be Logged In to leave a comment.