“Munisipaliteite het geen insae in die opstel of uitvoer van Eskom se beurtkrag­skedule nie. Eskom besluit self watter fase beurtkrag wanneer toegepas moet word na aanleiding van die druk op sy netwerk en die huidige opwekkings-vermoë van sy kragstasies,” sê die munisipale bestuurder van die Over­strand-munisipaliteit (OM), Dean O’Neill oor die onlangse artikel wat in Hermanus Times verskyn het (“Só werk Eskom-beurtkrag eintlik”, 26 Oktober 2022).

Volgens hom besluit die OM nie waar en wanneer Eskom die prop moet uittrek nie. “Alhoewel sekere metro’s wel skakel­werk doen rakende beurtkrag, pas die OM geen beurtkrag self toe nie. Alle beurtkrag in die OM word deur Eskom behartig. Stellings soos munisipaliteite wat wel ’n sê in beurtkrag het, stel die munisipaliteit in die verleentheid en wakker aggressie by die publiek aan. Amptenare word aan verbale mishande­ling blootgestel omdat dit die indruk skep dat die OM ’n sê het oor hoe beurtkrag gebeur en in watter gebied beurtkrag ingestel moet word,” sluit hy af.

You need to be Logged In to leave a comment.