Solidariteit help

Met die Covid-19-pandemie wat almal se sakke geruk en ook die aftreeoorde laat swaar trek het, het Solidariteit Helpende Hand se Hermanus-tak besluit om na Huis McMillen in Hermanus uit te reik.


Met die Covid-19-pandemie wat almal se sakke geruk en ook die aftreeoorde laat swaar trek het, het Solidariteit Helpende Hand se Hermanus-tak besluit om na Huis McMillen in Hermanus uit te reik.

Dié organisasie wil die selfontwikkeling van die mens in sy gemeenskap, en die ontwikkeling van die gemeenskap as geheel, deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling bevorder.

Die organisasie het sy helpende hand na Huis McMillen uitgestrek en wil graag die publiek vra om met die volgende produkte te help: stortseep (300 ml), sjampoe (300 ml), lyfroom (300 ml), tandepaste, tandeborsel, Lip Ice, ’n soetigheid en selfs aanrol-reukweerder. ’n Geldelike bydrae sal ook welkom wees.

Die afsnydatum vir die skenkings is 31 Mei en kan by die Ons Winkel in Hermanus afgelaai word. Bel Alet by 083 269 3673.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.