Speaker besoek dienssentrum

Die speaker van die TWK-munisipaliteit, Derick Appel, en verskeie raadslede het Woensdag 27 Julie ’n besoek aan die Oase-dienssentrum as deel van die speaker se kantoor se Mandelamaand-feesvieringe gebring en hulle meegedeel van ’n groot verrassing w


Die speaker van die TWK-munisipaliteit, Derick Appel, en verskeie raadslede het Woensdag 27 Julie ’n besoek aan die Oase-dienssentrum as deel van die speaker se kantoor se Mandelamaand-feesvieringe gebring en hulle meegedeel van ’n groot verrassing wat sy kantoor aan hulle gaan besorg.

Appel het aan die Oase-lede gesê: “Ons vier hierdie maand die verjaardag van Nelson Mandela, een van die wêreld se grootste ikone, en dit is hoekom ek na die Oase-dienssentrum, asook die Tafelronde Herberg, uitgereik het om te kyk hoe ons kan help. My kantoor het besluit om dié jaar uit te reik na ons ‘groot mense’ en om hulle ’n bietjie te bederf. Ons gaan ’n maand se vleisvoorraad aan hulle skenk.”

’n Groot hoeveelheid en verskeidenheid vleis, genoeg vir ’n maand se smulmaaltye, is op 3 Augustus aan die bestuur en opgewonde lede deur personeel van die speaker se kantoor aan die Oase-dienssentrum oorhandig.

“Ons weet hoe swaar niewinsgewende organisasies kry en daarom wil ons graag ’n langtermynverhouding met die Oase-dienssentrum, asook die Tafelronde Herberg, opbou. Ons wil die organisasies ondersteun en aan die hand vat vorentoe. Ons is hier om u belange op die hart te dra en om te ondersteun waar moontlik.”

Edna Vashu, bestuurder van die Oase-dienssentrum, sê: “Ons is absoluut verheug en so dankbaar vir hierdie wonderlike skenking. Dit gaan ons gewis baie help met etes vir ons lede asook die inwoners van die Tafelronde Herberg.”

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.