Stanford puik plek om te besoek

Dit is ’n dorpie wat almal bekoor en ook vir menige toeris een van hul gunstelingbestemmings is.


Dit is ’n dorpie wat almal bekoor en ook vir menige toeris een van hul gunstelingbestemmings is.

Ry jy Stanford binne, voel jy hoe die rustigheid jou omvou. Met sy besondere natuurskoon, die Kleinrivier wat deur die dorp vloei, wynplase en talle restaurante is dit gewis ’n dorpie wat op almal se lys van gunstelingbestemmings moet wees.

Stanford bied iets vir almal – van die fynproewer tot dié wat ’n bord tradisionele boerekos verkies. Die dorp se restaurante spog met iets op hul spyskaart wat in almal se smaak sal val – van die heerlikste soetgebak wat jy vroegoggend saam met jou koppie koffie kan geniet tot restaurante wat eksotiese geregte bedien.

Wat Stanford se restaurante so uniek maak, is nie net hul geregte en uitstekende diens nie, maar ook hul unieke spyskaarte.

Die atmosfeer in van die restaurante sal jy ook nêrens anders aantref nie. Die unieke plattelandse gevoel sypel deur na al die restaurante en hier word jy nie net soos ’n kliënt behandel nie, maar eerder soos ’n vriend of ’n familielid.

Om dan nie eens te praat van al die wynplase in die omgewing waar jy verskillende wynparings kan doen nie – iets wat menige besoeker weer en weer na Stanford lok.

Die Stanford-wynroete pronk met van die beste wynplase in die Overberg, elkeen met sy eie unieke smaak.

Van die topwynmakers van die omgewing het al verskeie wenwyne opgelewer, wat dié roete ’n roete maak waarmee rekening gehou moet word.

Stanford pronk ook met verskeie brouerye waar van die lekkerste boetiekbiere gemaak word.

Van die wynplase spog met hul eie restaurante waar jy kan aansit vir ete of ’n mandjie bestel om piekniek by van die wynplase te hou en die natuurskoon so te beleef.

Kom besoek gerus Stanford, maak jou tuis in een van die heerlike restaurante of besoek die Saterdag-markie of die Stoepkuiers vir ’n heerlike en onvergeetlike ervaring.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.