Die stilte na die storms in die suidelike Kaap het Dinsdag baie mense na Facebook laat gryp. En die antwoord is ja, dit is maar soos alle storms se nadraai is en uiteraard waar die spreekwoord vandaan kom, vertel  Langfaan. Ten spyte daarvan dat ons drie weke gelede al begin praat het van aankomende storms, is baie mense op die verkeerde voet betrap en veral in minder gegoede gebiede, waar nuus stadig versprei, was daar selfs lewensverlies, wyl in rykmansgebiede statige ou boomreuse geval het.

Veral vir die jonger geslag was die wisselende intensiteit van die wind en neerslae skrikwekkend, want só baie water, só vinnig, het ons oumense lanklaas gesien. Maar te midde van die skynbare goeie nuus, sien ons ook duidelik dat die damme in die Suidoos-Kaap maar bedenklik laag bly. Veral in die omgewing van Oudtshoorn waar ons reënfronte gewoonlik draai lyk dinge vir die toekoms maar onseker, terwyl die amptelike prentjie in die Wes-Kaap heelwat beter lyk.

Die wispelturigheid van die windrigting wat op die rekenaar gesien kan word, het gister opnuut aangedui dat die oostewind die vlieg in die salf is van ons Kaapse reënvalpatroon.  Sedert Maandag is  hy skoonveld en vandag  druk die gewoon warm vabond ysige lug oor ons koppe. Dit kan op plekke ‘n vreemde verskynsel skep waar mense ligte reën kan sien val wyl daar nie  wolke in die lug is nie. Die oostewind druk eenvoudig die koue bolug terug en op plekke in die Boland kan dit soms lyk of dit sneeu terwyl die son skyn. Dan moet ’n mens maar weet dis yswater wat van die Oos-Kaap af kom en dit kan vannag weer tot 7°C onder die komberse daal.

Die ongewone reusefront het Dinsdag terstond opgebreek met storms oor Gough in die diep suidweste en storms oor Marion in die suidooste. Die situasie skep ‘n reuse-Atlantiese-hoogdruk  wat begin met konveksie aan die bopunte van die verbytrekkende kouefronte. Die proses sal sowat ‘n week duur.  Ons kan tot volgende Donderdag (23 Julie) heerlike sonskyndae tussen sonop  en sonsak verwag.

Bykomende goeie nuus is dat die wind in dié tydjie baie mak sal wees teen sowat 2 tot 3 meter per sekonde. Buurman wat altoos na die donker kant van alle prentjies kyk, sê Jan Alleman en sy maat sal hulle sleg misgis as hulle dink die kammalentesonnetjie, gaan hitte indra.  Dit sal bedags koud in  die omtrek van 13 tot 16°C bly.    

 

You need to be Logged In to leave a comment.