Alan Fourie is die hoofbeoordelaar van die SA Suiwelkampioenskap.


Die Suiwelkampioenskap, wat sedert 1834 deur Agri-Expo aangebied word, lok jaarliks sowat 900 inskrywings van groot, medium en klein suiwelvervaardigers.

Hierdie produkte ding mee om die gesogte titels soos Suid-Afrikaanse Kampioen, die Qualité-merk van Uitnemendheid en die uiteindelike Produk van die Jaar, wat almal tydens die prestigeryke SA Suiwel­toekennings aangewys word.

Die SA Suiwelkampioenskap bestaan uit meer as 100 klasse vir kaas, jogurt, melk, room, roomys, botter en ander suiwelprodukte. Elke klas het ’n wenproduk wat met die titel as SA Kampioen bekroon word. Die Qualité-merk van Uitnemendheid, wat deur die SA suiwelbedryf as sy enigste merk van uitnemendheid erken word, word slegs toegeken aan uitgesoekte produkte van uitsonderlike gehalte wat ’n spesifieke minimum punt op die internasionale telkaart behaal het. Die produk wat die hoogste punt behaal, word as Produk van die Jaar aangewys.

Volgens Breyton Milford, hoofbestuurder van Agri-Expo, is die doel van die SA Suiwelkampioenskap om uitnemendheid in die suiwelbedryf te erken en te bevorder. “Hierdie kampioenskap het die maatstaf geword vir vervaardigers om hulself teen mekaar te meet,” sê Milford.“Ons is bevoorreg om die suiwelbedryf deur middel van hierdie platform te dien, wat moontlik gemaak geword in samewerking met die platinumvennote IMCD en DSM, asook ander vennote.”

Alan Fourie is die hoofbeoordelaar van die SA Suiwelkampioenskap, wat jaarliks deur Agri-Expo by Eensgezind, Durbanville, aangebied word. 

BELANGRIKE DATUMS: Inskrywings is tans oop op die webwerf cheesesa.co.za.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is Maandag 5 Februarie 2024 en die beoordeling vind Donderdag 7 en Vrydag 8 Maart op die plaas Eensgezind buite Durbanville plaas. Die SA Suiweltoekennings word Donderdag 25 April ook by Eensgezind aangebied. Belangstellendes wat nog inligting benodig, kan die webblad cheesesa.co.za besoek of die organiseerders by 021 863 1599 of 083 440 1628 skakel, of ’n e-pos na dairy@agriexpo.co.za stuur.

You need to be Logged In to leave a comment.