SuperSpar Gateway se deure weer oop

SuperSpar Gateway het weer sy deure oopgemaak nadat die inspekteur van beroepsgesondheid en veiligheid die nodige bewysstukke ontvang het. Die verbodskennisgewing is kort daarna herroep.


SuperSpar
Gateway het weer sy deure oopgemaak nadat die inspekteur van beroepsgesondheid
en veiligheid die nodige bewysstukke ontvang het. Die verbodskennisgewing is
kort daarna herroep.

Dít
is nadat die tak deur die departement van arbeid op Vrydag 14 Augustus besoek
is en toegemaak is weens hy nie die gesondheidsregulasies nagekom het nie.

Volgens
Bern van Niekerk, eienaar van SuperSpar Gateway, is die veiligheid van die
personeel, verskaffers en kliënte hul hoogste prioriteit. “Ons is bly om te kan
rapporteer dat ons spoedige optrede in die verbetering van die
veiligheidsmaatreëls, om die verspreiding van die Covid-19-pandemie te beperk,
tot die tevredenheid van die departement van arbeid gedoen is, ná die onlangse
intense oorsig van alle protokolle by die winkel.” Van Niekerk vertel dat streng
maatreëls is nou nog belangriker as ooit tevore met die grendeltyd wat tot vlak
2 verslap is.

Van Niekerk verduidelik die afspraak wat Donderdag
plaasgevind het, het oor die  Covid-19 tydelike werknemer-werkgewer-hulpskema (Ters) gegaan. “Tot
op hede kon niemand help om die eise wat Gateway Superspar by die departement
van arbeid ingehandig het, uitbetaal te kry nie.”

Volgens van Niekerk het twee groepe van vier verteenwoordigers
elk van die departement van arbeid Donderdag opgedaag.


Die een groep om Ters-uitbetalings uit te sorteer en een om inspeksie te doen
of die winkel aan die Ters-regulasies voldoen.

Met die aanvang van die Covid-19-pandemie het Superspar
Gateway, soos enige verantwoordelike kleinhandelaar en werkgewer, die volgende
gedoen:

  • Inligting

    is aan die personeel oorgedra 

    rakende die Covid-19-regulasies, soos deur die nasionale regering

    verskaf en ook, soos en wanneer daar nuwe verwikkelinge was met die

    hantering/gedrag/regulasies en verwagtinge van personeel en bestuur;
  • Elke
    personeellid het vier lapmaskers gekry om te dra, ‘n skoon een vir elke
    dag wanneer hulle aan diens kom;
  • Die
    kassiere, wat baie met kliënte werk, het ook elkeen ‘n plastiese
    gesigskerm gekry om te dra wanneer hulle aan diens is;
  • By elke
    stasie/betalingspunt is handreiniger in ‘n spuitbottel geplaas vir
    gereelde gebruik;
  • Bykomende
    personeel is by die deure geplaas wat kliënte se hande met handreiniging spuit;
  • Daar is
    streng toegangsbeheer toegepas in die winkel om nie meer as 80 kliënte op
    ‘n slag in die winkel toe te laat nie;
  • Die
    winkel word twee keer per week, na ure, diep skoongemaak volgens
    voorskrifte;
  • Plakkers
    om veilige afstand aan te dui, een en half meter, is op die winkel se vloer
    aangebring, wat as gids vir kliënte moet dien wanneer daar in rye gestaan
    moet word by betalingspunte;
  • Die
    personeel is in twee skofte verdeel om die verspreiding van moontlike
    virusinfeksie te beperk indien ‘n geval aangemeld word;
  • Alle
    personeel se liggaamstemperatuur word elke dag gemeet alvorens toegang tot
    die winkel toegelaat is. Vrae volgens WGO-regulasies, rakende elke
    personeellid se daaglikse gesondheid, is gevra om seker te maak dat daar
    nie ander moontlike Covid-19-simptome is nie.

  • Die departement van arbeid het aanbeveel dat die onderstaande van Superspar
    Gateway aangepas moet word:

    ·        
    Risikobepaling vir Covid-19;

    ·        
    Werkers in die produksieafdeling wat nie konsekwent maskers
    dra nie,

    ·        
    Buiteverskaffers se data word nie volledig genoeg by
    die ontvangs (agterdeur) geboekstaaf nie;

    ·        
    Die biometriese klokstelsel word nie gereeld genoeg gereinig
    nie;

    ·        
    Die personeelkamer het te veel personeel per sessie
    teenwoordig.

     

    Superspar Gateway se aksies en regstelling van
    bogenoemde, soos vereis deur die departement  van arbeid, is soos volg gedoen:

    ·        
    Die risikobepalingsdokument is uitgebrei en meer
    breedvoerig gestel om aan die vereistes van die aarbeidsdepartement te voldoen;

    ·        
    Die produksiedepartemente word meer gereeld
    gekontroleer met die dra van maskers;

    ·        
    Die dataopname vir buiteverskaffers word nou meer
    noukeurig uitgevoer om aan die bepalings te voldoen;

    ·        
    Reinigingsbottels is by die biometriese klokstelsel geplaas
    wat personeel moet gebruik voor en nadat hulle aanmeld;

    ·        
     Die personeel
    wat die teekamer op ‘n slag besoek, word nou beperk.

     

     

    Al die bogenoemde punte was teen Vrydag 14 Augustus
    teen 15:00 gereed en Superspar Gateway is elektronies deur die departement van
    arbeid verwittig dat die winkel Saterdag 15 Augustus kan oop maak.

    Van
    Niekerk lê klem daarop dat veiligheid Spar se nommereenprioriteit bly. Spar sal
    voortgaan om saam met die departement van arbeid te werk in pogings om enige
    Covid-19-  risiko’s tot ‘n minimum te
    beperk en te verseker dat die winkel voldoen aan al die veiligheidsmaatreëls en
    selfs meer as die basiese standaarde.

    SPAR se kultuur van “gemeenskapsbetrokkenheid
    en omgee

    ” sal voortgaan soos wat die situasie op ‘n pro-aktiewe wyse hanteer
    en beveg word en wil terselfdertyd aan al die lojale kliënte die versekering
    gee dat hulle welkom is om hulle SPAR-produkte en -kos by die winkel te kan kry.

    Categorised:

    You need to be Logged In to leave a comment.