In moeilike tye wanneer groot gebiede deur ’n geweldige natuurramp geraak word, is dit ’n riem onder die hart om te sien hoe gemeenskappe saamstaan om te help, hetsy dit met sopkombuise of ’n lekker warm ete vir noodbystandspersoneel is, of om water aan gemeenskappe te voorsien.

Daar is baie goedvoelstories oor hulp. Een daarvan is dié van Caledon Overberg Agri, wat ’n vragmotor met twee groot watertenks beskikbaar gestel het sodat mense hul houers met water kon opvul. Die “watertrok” was sentraal in Meulstraat, Caledon, gestasioneer.

Daar was geen lang rye om water te kry nie, maar mense het deur die dag kom water haal en Hansie Windvogel het almal se houers met geduld en ’n groot glimlag volgemaak.

Almal met wie Hermanus Times gepraat het, was baie dankbaar vir hierdie onbaatsugtige diens.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article