Tehuis in Kleinmond loop deur onder wolkbreuk

Gerimed tehuis vir bejaardes in Kogelpark, Kleinmond, het groot skade gely toe ’n wolkbreuk net na 03:00 Vrydagoggend dele van die tehuis oorstroom het.


Die eetsaal van ‘n tehuis op Kleinmond vanoggend om 03:30, na ‘n hewige reënbui. Foto: Pieta Pieterse

Gerimed
tehuis vir bejaardes in Kogelpark, Kleinmond, het groot skade gely toe ’n
wolkbreuk net na 03:00 Vrydagoggend dele van die tehuis oorstroom het.

Die
eetsaal, twee woonstelle en gange was als onder water. Die plafon het ook op
twee dele, die sitkamer en die gang, inmekaargesak.

Volgens
Alet Kapp, bestuurder by Gerimed tehuis vir bejaardes, was sy teen 04:00 reeds
daar om te help.

“Ek
moes van Bettysbaai af deurkom waarna ons al die personeel bymekaar gekry het
om te help met die opruimingswerk. Met al die goed wat oral rond gespoel het,
het dit kompleet gelyk soos ’n vullislorrie wat sy vrag verloor het. Gelukkig
was dit nie nodig vir enigeen om te ontruim nie. Ons is ook tans besig om water
uit twee inwoners se woonstelle op te suig.”

Kapp
sê dis ongelooflik hoe die gemeenskap hul hulp aangebied het.

“Ons
het al soveel oproepe gekry van mense wat wil weet hoe hulle kan help. Dis
regtig wonderlik om met so ’n insident net weer te besef hoeveel mense omgee.” 

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.