Theewaterskloof-munisipaliteit se kantore gesluit oor die feestyd

Inwoners van die Theewaterskloof-munisipale gebied word daaraan herinner dat alle munisipale kantore, verkeersentrums en biblioteke van 27 tot 29 Desember vir sake gesluit sal wees. Die munisipale kantore sal Dinsdag 2 Januarie heropen.

Die munisipale bestuurder, Wilfred Solomons-Johannes, het daarop gewys alle munisipale kantore, verkeersentrums en biblioteke in die TWK-bedieningsgebied sal Vrydag 22 Desember om 12:00 sluit en die onderskeie kassiere sal transaksies om 11:00 afsluit.

“ ’n Geseënde Kersfees en voorspoedige 2024 word u toegewens,” het hy afgesluit.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.