Volgens kapt. Raldeen Atson, Grabouw-polisiewoordvoerder, is die seun vanoggend 09:00 na die daghospitaal geneem waar hy later aan sy beserings beswyk het. “Daar is baie gerugte wat die ronde doen, maar ons kan niks bevestig nie,” het Atson gesê. “Ons kan bevestig dat die bestuurder ‘n Somaliër is wat homself later oorgegee het.”

Atson sê ‘n saak van strafbare manslag word ondersoek.

Inwoners van Rooidakke het hul misnoeë oor dié voorval op die gemeenskap se Facebookblad uitgespreek. Volgens Atson moet die mense nie gevolgtrekkings maak voordat die saak nie eers deeglik ondersoek word nie.  

You need to be Logged In to leave a comment.