Die polisie in Genadendal ondersoek ’n fratsongeluk waartydens ’n vyfjarige seuntjie gesterf het terwyl hy op ’n swaai by sy huis gespeel het.
Die tragiese voorval het Maandag 3 Februarie gebeur toe die seuntjie by sy huis in Vleistraat, Genadendal, op die swaai gespeel het.
Die kettings van die swaai het volgens berigte om sy nek gedraai en hy is verwurg. Medici het die seuntjie op die toneel dood verklaar.
Millicent Merton, ’n woordvoerder vir die Wes-Kaapse onderwysdepartement, het bevestig dat die WKOD berading vir die seuntjie se familie sowel as die onderwysers en leerders van LR Schmidt Primêr aangebied het.
“Die WKOD betuig sy innige meegevoel aan die familie, vriende en skoolgemeenskap na die tragiese verlies,” het Merton bygevoeg.