‘n Misdaadvoorkomingstaakeenheid van Kaapstad het Saterdag omstreeks 16:30 op ‘n dagga-verbouingsfasiliteit by ‘nhuis in Bettysbaai toegeslaan.
Talle polisievoertuie is Saterdag voor die huis in Disaweg gewaar. Sersant Noloyiso Rwexana, ‘n provinsiale polisiewoordvoerder, het dié voorval bevestig. ‘n Totaal van 166 daggaplante en 134 gedroogde daggablare is op die toneel gekonfiskeer. Toerusting ter waarde van R100 000 wat gebruik is vir die verbouing en droog maak van die dagga is ook gekonfiskeer.
Die waarde van die daggaplante word teen R417 000 beraam,” sê Rwexana. ‘n 29-jarige vrou en ‘m 37-jarige man is op die toneel in hegtenis geneem vir die verbouing van die dagga asook vir die handel in dagga. Volgens ‘n ooggetuie het die operasie sowat sewe ure geduur. Die man en die vrou is glo tydens die operasie weggeneem. Die polisie se provinsiale eenheid vir georganiseerde misdaad is tans besig om die saak te ondersoek.