Die speaker van die TWK-munisipaliteit, John Michels, wens die nuutverkose burgemeester, Tienie Zimmerman, geluk met sy aanstelling.


Dit blyk die Theewaterskloof-munisipaliteit (TWK) gaan nou elke maand met ’n nuwe burgemeester pronk.

Dit is hoe inwoners voel nadat Theunis Zimmerman van die VF Plus September) tydens ’n spesiale raadsvergadering as burgemeester aangewys is. Dit volg nadat ’n mosie van wantroue deur die vorige speaker, Derick Appel, ingebring is om Lincoln de Bruyn uit sy pos as TWK-burgemeester te lig. Die mosie is deur die raadslid Raymond Nongxaza ondersteun. De Bruyn is op 14 Augustus as burgemeester ingehuldig en skaars twee weke ná sy aanstelling is Zimmerman die nuwe burgemeester nadat hy 14 stemme teen De Bruyn se 13 stemme gekry het.

De Bruyn het op Facebook die volgende gese: “Vandag was werklik ’n treurige dag vir die inwoners van [die] TWK-munisipaliteit. Ek het nie ’n posisie nodig om my gemeenskap te dien nie.”

Hy het verder uitgevaar oor die nuut aangestelde speaker, John Michels, en wat daartoe gelei het tot die bekgeveg tussen Michels en De Bruyn. Hy sluit ook af met: “Vir GOOD se plaaslike raadslede [van die] TWK, die ANC, [die] EFF en die PA gaan dit nie oor verantwoordelike regering nie, maar vir aansien, kaderontplooiing en mag! Die waarheid is dit wat hulle verkeerd gedoen het, wil hulle nie rugbaar gemaak laat word nie.”

Die DA se provinsiale leier, Tertuis Simmers, het ook sy misnoeë oor die nuwe verwikkelinge uitgespreek. “Slegs twee weke nadat die DA se nuwe koalisieregering die TWK uit jare lange skuld probeer red, het ’n aantal klein opposisiepartye saam met [die] ANC gestaan om De Bruyn te vervang. Dit volg nadat De Bruyn wanbesteding binne die munisipaliteit bekendgemaak het.”

Volgens Simmers is dit ook verrassend om te gesien het dat die VF Plus saam met die ANC, GOOD en [die] PA gestaan het om De Bruyn as burgemeester te verwyder.

“Dit is duidelik dat hulle van plan is om voort te gaan met die wanpraktyke wat die TWK in die finansiële moeilikheid gebring het,” het hy gesê.

Hy het ook verder die VF Plus se steun vir die mosie beskryf as direk teenstrydig met die ooreenkoms wat verlede maand tussen Pieter Groenewald (die VF Plus-leier) en die DA-leier John Steenhuisen bereik is. Simmers het ook ’n beroep op GOOD gedoen om teen Michels op te tree omdat hy die mosie agter die rug van die DA en ander koalisievennote ingedien het. “Dit is ’n ernstige oortreding van die proses, en ons sal doen wat nodig is om die munisipaliteit by die behoorlike reëls van orde te hou,” het hy gesê.

Verder het inwoners ook gemengde gevoelens gehad oor die nuwe burgemeester. Van die inwoners het die TWK-munisipaliteit as ’n sirkus beskryf terwyl ander Zimmerman gelukgewens het met sy verkiesing.

You need to be Logged In to leave a comment.