Die Vrouelandbouvereniging (VLV) van Hermanus het onlangs sy jaar op ’n hoogtepunt begin.
Die VLV-lede het op 24 Januarie by Riposo-restaurant in Onrus vir ’n heerlike begingeselligheid saamgetrek.
“Dit was ’n heerlike oggend waar die manne ook die geleentheid bygewoon het. Meer as die helfte van die lede was by die geleentheid en ons het heerlik saamgekuier en ons jaar beplan. Ons het heerlik aan eierpizza’s en ’n pasta-ontbyt gesmul,” het Mariëtte Steyn van die Hermanus-VLV gesê.
Die Hermanus-VLV se jaarprogram met die tema “Kleur jou lewe” maak al die lede baie opgewonde.
Die temas van die VLV se maandbyeenkomste is soos volg: Landbou (Maart), beplanning, inligtingsdag en kongres (9 April), leefstyl (14 Mei), gesondheid (11 Junie), die Hermanus-tak vier sy 95ste verjaarsdag (14 Julie), opvoeding (13 Augustus), kuns (10 September), openbare sake (8 Oktober) en potpourri (12 November).