VLV hou hul jaarkongres in Gansbaai

Die Vrouelandbouvereniging van Kaap­stad (VLVK) hou op 18 en 19 Augustus sy jaarkongres in Gansbaai. Die tema is “Die uitdaging van verandering”.


Die Vrouelandbouvereniging van Kaap­stad (VLVK) hou op 18 en 19 Augustus sy jaarkongres in Gansbaai. Die tema is “Die uitdaging van verandering”.

Dr. Ivan Meyer, die minister van landbou in die Wes-Kaap, wat ook die VLVK se Dankie-persoon van 2022 is, sal die kongres open. Ander sprekers wat op die temas van die VLVK se studierigtings sal fokus, is onder andere:. Wicus Pretorius, redakteur van TUIS (leefstyl);. Dr. Lishje Els (opvoeding en kultuur);. Prof. Chris Engelbrecht (openbare sake);. Dr. Irma Davel (kunste en handvlyt);. Tersia Joubert van SOILL (gesondheid);. Helena Atkinson van Pangolin Africa (landbou en tuinbou);. Magdie de Kock (Wêreldbondpresident);. Vanda Gagiano (komiteelid van die Wêreldbond-konferensiekomitee van 2023 in Maleisië).

’n Dinee word op die openingsaand met Charné Hugo as gaskunstenaar aangebied. ’n Prysuit­deling, waar dié wat uitgeblink het in leefstyl, kuns en handvlyt vereer word, is ook op die program. Een van die ander hoogtepunte – spesiaal vir die mans – is ’n walviskyk-toer en ’n besoek aan die pikke­wyn- en seevoëlreservaat. . Kontak Estelle du Plessis by estelledp52@gmail.com of 083 950 4803.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.