Ongeveer 200 vroue het die vroueoggend bygewoon waar die Hermanus-VLV geld vir Badisa ingesamel het.


Vir die vroue van die Vrouelandbouvereniging (VLV) van Hermanus is teruggee aan die gemeenskap baie belangrik.

Die groep vroue, wat een maal per maand bymekaarkom, het onlangs ’n Vrouedag ten bate van Badisa-kindersorg gehou.

“Dit was ’n feestelike en prettige geleentheid met meer as 200 vroue wat in die NG kerk Onrusrivier saamgekuier het,” het Mariëtte Steyn van die VLV vertel.

Die dag is nie net gekenmerk deur die mooiste tafels wat gekreun het onder die lekkernye nie, maar ook ’n eenvrouvertoning deur Karien van Niekerk met Deloris se dagboek.

“Karien se vertoning het gesorg vir lekker lag en huil en ’n groot bedrag is aan Badisa oorhandig,” het Mariëtte gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.