VLV van Caledon kuier eers informeel

Voordat die gereelde maandelikse byeenkomste van die Caledon-vrouelandbou­vereniging (VLV) binnekort weer begin, het lede en gaste Donderdag 18 Januarie ’n heerlike informele middagetebyeenkoms by die Gabbiano-restaurant gehad.

Corrie Fogwell, die voorsitter van die Caledon-tak van die VLV, het die jaarprogram rakende die tema “Betower my” op haar kenmerkende entoesiastiese wyse aan die lede voorgestel.

Die Caledon-tak kom elke eerste Donderdag van die maand in die NG Kerk-Wes se saal byeen.

Benewens die gereelde maandelikse aktiwiteite nooi die VLV ook altyd ’n interessante gasspreker om die lede toe te spreek.

Die eerste byeenkoms van die jaar word Donderdag 1 Februarie gehou.. Mense wat belangstel om aan te sluit of enige verdere inligting oor die plaaslike VLV-tak benodig, kan Corrie Fogwell by 083 270 8374 bel.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.