Voetganger sterf

Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag nadat ’n voetganger op slag dood is toe ’n motor hom getref het.


Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag nadat ’n voetganger op slag dood is toe ’n motor hom getref het.

Sers. Abigail Naidoo, ’n woordvoerder vir die Gansbaai-polisie, sê die noodlottige ongeluk het Woensdag 29 Januarie omstreeks 18:20 op die R43 tussen Stanford’s Cove en Perlemoenbaai gebeur.

“Die voetganger het na bewering probeer om die pad oor te steek sonder om vir aankomende verkeer te kyk en is toe volgens berigte deur ’n aankomende motor getref. Overstrand-mediese reaksie het die slagoffer op die toneel dood verklaar,” het Naidoo verduidelik.

Die insittendes van die voertuig is volgens berigte beseer en per ambulans na ’n nabygeleë hospitaal vervoer.

You need to be Logged In to leave a comment.