Volg dié stappe as jy dink jy het die koronavirus

Dokters in die Overstrand doen ‘n beroep op die inwoners om die volgende protokol te volg wanneer jy simptome van die Covid-19-siekte toon. Luidens die verklaring versoek die dokters die inwoners om nie na hul huisdokters of plaaslike spreekkamers toe te gaan nie om sodoende die verspreiding van dié gevreesde virus te bekamp.


Dokters in die Overstrand doen ‘n beroep op die inwoners om
die volgende protokol te volg wanneer jy simptome van die Covid-19-siekte toon.

Luidens die verklaring versoek die dokters die inwoners om
nie na hul huisdokters of plaaslike spreekkamers toe te gaan nie om sodoende
die verspreiding van dié gevreesde virus te bekamp. 

“Daar kan ‘n gevaar wees dat die pasiënt dié virus aan ander
pasiënte in die spreekkamer asook die personeel en doktors kan oordra as die
regte protokol nie gevolg word nie,” sê dr. Linda von Zeuner.

In die persverklaring beklemtoon die dokters die korrekte
werkwyse as jy simptome van die Covid-19-siekte ondervind.

Bel jou plaaslike dokter:

Voltooi ‘n telefoniese evalueringsvorm wat jou huisdokter
vir jou sal deurgee, of skakel die Mediclinic Hermanus se
Covid-19-risiko-evalueringspan by 028 313 0168 / 082 785 5917 / 
083 377 7843.”

Staatspasiënte kan die plaaslike klinieke bel:

Hermanus se provinsiale hospitaal:  028 312
1166/028 313 5200

CDC-kliniek (Zwelihle): 028 313 5700

Hawston-kliniek: 028 315 2063

Kleinmond-kliniek 028 271 5807

Stanford-kliniek: 028 341 0945

Gansbaai-kliniek: 028 384 1917

Kry jou aanlyn evalueringsvorm

Mediclinic het ‘n persoonlike aanlyn
risiko-evalueringshandleiding. Vul die vorm in en vind binne minute uit of dit
nodig is om vir die Covid-19-toets te gaan:  https://www.mediclinic.co.za/en/corporate/corona-virus/covid-19-risk-assessment-tool.html.

Discovery Health het ook ‘n hoogs doeltreffende
Covid-19-inligtingshub by  http://www.discovery.co.za
en so ook Gems by https://www.gems.gov.za/corporate/news-and-events/COVID—12-Coronavirus

Von
Zeuner moedig die inwoners aan om die NICD se webwerf te besoek en veral aandag
te gee aan: “Criteria for persons under investigation (PUI): http://www.nicd.ac.za/diseases-a-z-index/covid-19/

You need to be Logged In to leave a comment.