Vrou dood in huis gevind

Die week het op tragiese noot vir die gemeenskap van Elim afgeskop nadat ’n 49-jarige vrou se liggaam Maandagoggend in haar huis ontdek is.


Die week het op tragiese noot vir die gemeenskap van Elim afgeskop nadat ’n 49-jarige vrou se liggaam Maandagoggend in haar huis ontdek is.

Adjudant-offisier Jakobus Marthinus, Bredasdorp-polisie se woordvoerder, het bevestig dat die polisie Maandag 12 Julie omstreeks 08:12 na die toneel in Proteastraat, Elim ontbied is.

Volgens Marthinus het die oorledene se seun (24) die gru-ontdekking gemaak toe hy sy maand oue baba by sy ma se huis wou gaan haal.

“Hy moes deur ’n venster klim aangesien niemand die deur oopgemaak het nie. Die getuie het sy baba opgetel en toe op sy ma se liggaam afgekom wat op die grond in ’n leë kamer gelê het. Sy was reeds dood,” het Marthinus berig.

Die polisie het ook ontdek dat ’n spaza-winkel, wat langs die oorledene se huis geleë is, geplunder is.

“Polisiedeskundiges was op die toneel en die omstandighede rakende die voorval word ondersoek. ’n Saak van moord en besigheidsroof word ondersoek.”

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.