Vrou verloor lewe in botsing

’n 49-Jarige vrou het gister haar lewe verloor toe die bakkie waarin sy ’n passasier was teen ’n padskraper op die N2 gebots het.


’n 49-Jarige vrou het gister haar lewe verloor toe die
bakkie waarin sy ’n passasier was teen ’n padskraper op die N2 gebots het.

Jandré Bakker, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement
van vervoer het bevestig dat die botsing omstreeks 16:15 op die N2 naby Boontjieskraal
plaasgevind het toe ’n Isuzu-bakkie teen ’n Komatsu-padskraper gebots het.

Die bestuurders in albei voertuie het net ligte beserings
opgedoen terwyl drie passasiers in die bakkie ook net ligtelik beseer is. Die
passasier wat links voor in die bakkie gesit het, was nie so gelukkig nie en is
op die toneel dood verklaar.

Bakker sê volgens ’n ooggetuie het die bakkie die padskraper
probeer verbysteek terwyl die padskraper besig was om by die Boontjieskraal-pad
vanaf die N2 in te draai.

Die polisie, EMS-nooddienste asook ’n forensiese
patologie-span was op die toneel. Die pad is nie gesluit ná die ongeluk nie.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.