Vroue van die Community Gospel Outreach-gemeente in Mount Pleasant, waarvan pastoor Nicolaas Cupido en sy vrou, Florence, die leiers is, het besluit om die kinders van die omgewing op Vrouedag (Dinsdag 9 Augustus) te bederf en hulle “bewus te maak van hoe waardevol en spesiaal hulle is”. “Tyd moet vir kinders gemaak word, hulle moet hul waarde besef en kinders moet beskerm word,” was die vroue se boodskap. Die groep vroue het hul borge bedank vir almal se bydraes om die uitreikprogram suksesvol te maak. Elke kind het vrugte sowel as ’n geskenkpakkie ontvang. Community Gospel Outreach bedien ook weekliks ’n warm maaltyd aan behoeftiges in die gemeenskap. Enigiemand wat hulle met benodighede vir die sopkombuis wil ondersteun, kan Florence Cupido by 076 189 0811 bel.
Vroue bederf kinders
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.