Augustus is sinoniem met vroue, want Vrouedag is gister (9 Augustus) landwyd gevier. Hermanus Times wil alle vroue – nie net formidabele sakevroue nie, maar ook die oumas wat na hul kleinkinders omsien, die enkelma’s wat alles in hul vermoë doen om kop bo water te hou en die vroue wat elke dag onder geslagsgebaseerde geweld deurloop – hierdie maand vereer met artikels oor vroue wat bo hul omstandighede uitstyg. Magdelene van Niekerk van Caledon is só ’n vrou, wat die ekstra myl vir ander met ’n glimlag loop.Foto: Mitzi Buys


Vrouemaand gevier

You need to be Logged In to leave a comment.