‘n Duiker wat in die moeilikheid beland het, is by die Nuwe Hawe in Hermanus aan wal gebring, maar dood verklaar. Foto: www.nsri.org.za

Die Hermanus-polisie het ‘n geregtelike dooodsondersoekdossier (GDO) ingestel nadat ‘n plaaslike man Donderdag verdrink het toe hy glo naby die Nuwe Hawe gaan vryduik het.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) berig dat NSRI Hermanus se reddingspan omstreeks 17:17 geaktiveer is nadat ADT-sekuriteit aangemeld het dat iemand op die rotse naby die Nuwe Hawe blyk in die moeilikheid te wees.

Edrich Kotze, die NSRI Hermanus-stasiebevelvoerder, sê NSRI-reddingsduikers, die polisie en die CMC-ambulans- diens het hulle na die toneel gehaas. “Ons het met ons aankoms gevind die man is uit die water gehaal. Paramedici het hom dood verklaar.”

‘n Polisiewoordvoerder het bevestig dat ‘n GDO in verband met Thembalethu Sqhokoqwele (43) se dood ingestel is. “Daar word vermoed hy het begin water sluk maar hy kon tot by die wal kom. Ongelukkig het hy reeds te veel water gesluk,” aldus die woordvoerder.

• In geval van nood op see skakel die NSRI nasionale noodnommer 112 of 087 094 9774, NSRI Hermanus by 082 990 5967, NSRI Kleinmond by 083 419 4557 en NSRI Agulhas kan by 082 990 5952 gekontak word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article