Westelike Provinsie s Gershom Pieters is hier in aksie te sien teen die Griffons.
Westelike Provinsie se Gershom Pieters is hier in aksie te sien teen die Griffons. Die manne van die Kaap wen die wedstryd 52-6. FOTO: SA Rugby

Die FNB o.18 Cravenweek het Maandag met ‘n ontploffende begin in Middelburg afgeskop, met 37 drieë wat oor vier wedstryde aangeteken is.

Die Westelike Provinsie XV het ‘n aanvallende vertoning in die openingswedstryd gelewer deur agt drieë te druk en meer as 50 punte teen die Griffons aan te teken. Die Kapenaars was vir die grootste deel van die wedstryd in beheer en het die Noord-Vrystaters tot slegs twee strafskoppunte oor die loop van die wedstryd beperk. WP wen oortuigend met 52-6.

Die volgende twee wedstryde was heelwat nouer, met die Leeus en SWD wat teruggeveg het van beduidende rustyd-agterstandе om belangrike oorwinnings te behaal.

Vrystaat het die eerste helfte van hulle wedstryd teen SWD gedomineer en het met ‘n 17-6 voorsprong gaan water drink. Losskakel Darius Erwee het die weg vir sy span gebaan deur altesaam 12 punte by te dra.

SWD het die tempo in die tweede helfte verhoog en drie drieë in die laaste 10 minute gedruk. Hoewel Vrystaat ‘n verdoelde drie op die nippertjie aangteken het, was dit nie genoeg om die Arende van ‘n welverdiende 35-34 oorwinning te ontsê nie.

Die Leeus klop die Bullle met een punt op di eerste dag van die 2025 Cravenweek.
In die Juksei-derby by die o.18 Cravenweek in Middelburg, het die Leeus die Blou Bulle met ‘n enkele punt geklop.

In die Jukskei-derby het die Leeus na ‘n stadige begin teen die Blou Bulle herstel om met net ses punte agter te loop teen rustyd. Geeneen van die spanne het daarin geslaag om die oorhand in die vroeë gedeeltes van die tweede helfte te kry nie, met die voorsprong wat verskeie kere van hande verwissel het.

Met tyd wat uitgeloop het, het die Bulle se vleuel, Thabiso Simelane, ‘n gewaagde aanval vanuit sy eie helfte van stapel gestuur en daarin geslaag om sy eie skop te vang vir ‘n belangrike drie.

Maar die Leeus het nie gaan lê nie en het bly aanval. Hulle is beloon met ‘n strafskop waarmee losskakel, Jeandre Uithaler, geen fout maak nie, en sy span loop voor met 36-35 met die blaas van die eindfluitjie.

In die vierde wedstryd van die dag het die Pumas vyf drieë vinnig agtermkaar gedruk om die Limpopo Blou Bulle oortuigend te klop op tuisgrond met 44-22.

Die FNB o. 18 Craven Week sal Dinsdag by Hoërskool Middelburg voortgaan, met die Luiperds wat die Valke in die eerste wedstryd om 10:00 pak. Westelike Provinsie, wat verlede jaar se kompetisie onoorwonne afgesluit het, sal hul bure, Sanlam Boland, om 14:30 in die finale wedstryd van die dag pak.

Cravenweek dag een uitslae (Maandag 7 Julie):

WP XV 52 (19) Griffons 6 (6)

Vrystaat 34 (17) SWD 35 (6)

Blou Bulle 35 (20) Leeus 36 (14)

Pumas 44 (12) Limpopo Blou Bulle 22 (14)

Cravenweek dag twee (Dinsdag 8 Julie):

10:00: Luiperds t. Valke

11:30: Grens t. Griquas

13:00: Haaie t. OP

14:30: WP t. Sanlam Boland

You need to be Logged In to leave a comment.