Vyf dood in botsing

Een baan is tans gesluit ná ’n botsing vroeër vanoggend op die R321 tussen Villiersdorp en Grabouw.


Een baan is tans gesluit ná ’n botsing vroeër vanoggend op die R321 tussen Villiersdorp en Grabouw. Jandré Bakker, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van vervoer, het bevestig ’n vragmotor wat ’n passasiers-sleepwa gesleep het, het teen ’n ligte nutsvoertuig gebots. “Ooggetuie verslae dui aan dat die nutsvoertuig ’n ander voertuig verbygesteek het en met die vragmotor gebots het. Twee mense in die vragmotor het gesterf en drie in die nutsvoertuig,” sê Bakker. 

Die trokwa agter die trok het 57 insittendes gehad waarvan vier ernstig beseer is. 

Die pad is tans tussen die Franschoek-afdraai en Villiersdorp gesluit. Verkeer word via die Draaiberg-grondpad herlei. “Ons doen ’n beroep op motoriste om slegs verby te steek waar dit wettig is en absoluut veilig is om te doen,” sluit Bakker af. 

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.