Waarnemende munisipale bestuurder sit stoel warm

Johannes Jonker is aangewys as die nuwe waarnemende munisipale bestuurder van die Theewaterskloof-munisipaliteit.


Johannes Jonker is aangewys as die nuwe waarnemende munisipale bestuurder van die Theewaterskloof-munisipaliteit en volgens hom sien hy baie daarna uit om deel van die span te wees.

“Dit is ‘n voorreg en ‘n eer en ek sien baie uit na die nuwe geleentheid en uitdaging,” het Jonker gesê.

Volgens hom glo hy dat hy ‘n positiewe bydrae tot die gemeenskap sal maak. Jonkers was voorheen van Sentraal-Karoo en glo dat hy ‘n positiewe bydrae tot die streek sal maak.

Die aanstelling van ‘n nuwe waarnemende munisipale bestuurder volg na die skorsing van die voormalige bestuurder, Daniel Lubbe, laat in Januarie.

Die rede vir Lubbe se skorsing is in die stadium nie bekend nie, maar gerugte doen die ronde dat die skorsing volg na ‘n mosie deur die ANC. 

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.