Jy kan dit nie mis nie – die lewensgrootte Suidelike Noordkapper-walvis wat op die Markplein in Hermanus opgerig is, is uiteindelik onthul.
Die markplein was Woensdag 2 Maart in rep en roer nadat dr. Annelie Rabie, die Overstrand-burgemeester, die “monument” onthul het.
Dié gemeenskapsprojek, wat deur René Harstlief en Tertius van Dyk van stapel gestuur is, het op 5 Januarie begin. Dié projek sou ook nie so suksesvol gewees het, was dit nie vir Patrick Anele van Wildcat Inflatables wat die walvis ’n “nuwe lewe” met veselglas en sy verfkwas gegee het nie.
Hartslief sê wat dié monument merk-waardig maak, is die feit dat jy na die geluide wat die Suidelike Noordkapper maak, kan luister. Sy verduidelik: “Danksy die Hermanus-Rotariërs pronk ons met klanktoerusting wat die geluid wat die walvis maak, speel. Dié klankstelsel werk met muntstukke.”
Rabie het die gaste verwelkom en Hartslief en Van Dyk vir die inisiatief bedank. Volgens Rabie is die monument ’n toeriste-aantrekking wat nog baie waarde tot die omgewing gaan toevoeg.
Die kunstenaars het die volgende borge bedank wat die inisiatief ’n werklikheid gemaak het: Van Niekerk en Jansen van Rensburg-prokureurs, Wildcat Inflatables, Ocean Basket Hermanus, Harvey Electrical & Lighting, Charles F Brandt, R&R Wooden Works & Home Maintenance, White Rabbit Pub, Mermaid Tattoo, Hermanus Car Wash & Valet Centre and Onrus Car Wash, AfriForum en HPP vir die kameras en patrollies, Ron en Philip Den Braber, Trevor Allnut, Buco Hermanus, Hopside Down & Woodstock Brewery, Talisman Hire, June Higginbotham, Anton Verhoogt, Rudolf Richard Stone, The Brewery Hemel-en-Aarde, Botrivier-stene, Fusion Restaurant, Eagle Eyes Photography & Videography, Sabre Paints (Piet Joubert; Hermanus Hardware), Domaine Des Dieux, Solar Elec, Hermanus Rotary, Lemonicious, Soundworks Hermanus, Chard, Pear Tree, Milk on the Beach, Eagle Lighting, Whale-toerisme, die walvis-museum, die Overstrand-munisipaliteit en Rigtech Services.