Wat gebeur in die Overberg?

St Patrick’s Anglikaanse gemeente in Mount Pleasant hou hierdie naweek ’n BASAAR. Besoekers kan uitsien na heerlike koeke, verfrissende gemmerbier, boereworsrolle en koeldrank, potjiekos, koek en ander lekkernye. Daar sal ook lekker winskopies by die


. St Patrick’s Anglikaanse gemeente in Mount Pleasant hou hierdie naweek ’n BASAAR. Besoekers kan uitsien na heerlike koeke, verfrissende gemmerbier, boereworsrolle en koeldrank, potjiekos, koek en ander lekkernye. Daar sal ook lekker winskopies by die wit olifant-tafel wees. Die basaar duur van 09:00 Saterdag 26 Maart by die Mount Pleasant-sportterrein. Navrae: Gaynor da Kosta by 082 500 3528. . Kom SKENK BLOED op 24 Maart vanaf 14:30 by die Pretorius-saal in Gansbaai. Jou bloed kan dalk ’n lewe red. . ’n OGGENDMARK vind 25 Maart by die Pretorius-saal in Gansbaai plaas. Kom snuffel rond van 09:00 en verlustig jou in alles wat te koop is.. Wat is lekkerder as ’n STEAK-AAND saam met vriende? Die Gansbaai-gholfklub hou ’n steak-aand by die klub self op 25 Maart..

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.