Die polisie in Kleinmond ondersoek ’n saak van gewapende roof nadat ’n werknemer van die OK-tak in die dorp Maandagoggend van ’n groot hoeveelheid geld beroof is.

Die werknemer was volgens berigte omstreeks 09:45 te voet op pad bank toe om die geld te deponeer toe sy in die hoofweg voorgekeer is.

AO Anton du Preez, die Kleinmond-polisie se speurtakbevelvoerder, het gesê ’n onbekende man het die vrou na bewering voorgekeer, haar met ’n vuurwapen gedreig en van die geld beroof.

“Ons soek na twee verdagtes – die een wat die geld gebuit het, en sy medepligtige, wat die silwer Volkswagen-wegkommotor bestuur het. ’n Saak van gewapende roof word ondersoek,” het Du Preez gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.